Midde-Amerikaanse republieke
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die ses republieke van Midde-Amerika lê in die lang, smal landengte wat Noord- en Suid-Amerika verbind. Die grootste republiek, Nicaragua, is 148 000 km² groot; die kleinste republiek, El Salvador, beslaan 21 000 km². Die landengte is besonder bergagtig, met groot verskille in hoogte en klimaat. Digte, ondeurdringbare reënwoude word in die laerliggende dele aangetref, terwyl eike- en dennebome teen die berghange groei. Waar die reënval laat is, soos in dele van Nicaragua, is die plantegroei struikagtig. Die totale bevolking van die ses republieke is sowat miljoen. Die meeste van die inwoners is Amerikaans Indiaans, of mense van gemengde herkoms. As gevolg van die verowering van hierdie gebied deur die Spanjaarde in die 16de eeu is Spaans deurgaans die amptelike taal.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |