Mere van Asië
Wikimedia lysartikel / From Wikipedia, the free encyclopedia
Asië is die vasteland van uiterstes. Geen ander vasteland het sulke hoë berge, so 'n groot bevolking, sulke diep seë, uitgestrekte vlaktes of groot skiereilande nie. Die vasteland het ook die grootste en diepste mere ter wêreld.
Hierdie artikel behoort versmelt te word met Lys van mere.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Baie van die Asiatiese mere het geen uitloop nie. Hoewel talle riviere in die mere vloei, vloei net 'n paar of geen riviere weer uit nie. Die mere lê in natuurlike komme of bekkens, maar aangesien die verdamping in die warm seisoen so hoog is, loop hierdie komme nooit oor nie. Die grootte van die mere wissel ook baie van seisoen tot seisoen.
Die oorgrote meerderheid van die Asiatiese mere is sout. Die riviere wat in die mere uitmond, bring groot hoeveelhede sout saam en hierdie sout raak al hoe meer gekonsentreer soos die water uit die mere verdamp. Baie van die mere is vandag ook baie kleiner as wat hulle vroeër was, met die gevolg dat die riviere nou oor die ou bodem, wat baie sout bevat, na die meer vloei. Teen die tyd dat die water die meer bereik, bevat dit dus 'n sterk soutoplossing.