Medininkai
From Wikipedia, the free encyclopedia
Medininkai (Pools: Miedniki Królewskie) is 'n dorp en munisipaliteit in Litaue wat sowat 25 kilometer suidoos van die hoofstad Vilnius langs die ou pad na Minsk en digby die grens met Wit-Rusland geleë is. Die dorp en munisipaliteit (Litaus: seniūnija) het respektiewelik 500 en 1 500 inwoners. Die ekonomies aktiewe bevolking is oorwegend in die landbousektor werksaam.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Kitsfeite Land, Distrik ...
Medininkai | |
---|---|
Die Rooms-Katolieke kerk van Medininkai | |
Koördinate: 54°32′20″N 25°39′00″O | |
Land | Litaue |
Distrik | Vilnius |
Munisipaliteit | Vilnius |
Bevolking | |
• Totaal | 508 |
Tydsone | UTC+2 (OET) |
• Somertyd | UTC+3 (OEST) |
Sluit
Die twee hoogste bergspitse van Litaue, Aukštasis kalnas (293,84 meter) en Juozapinės kalnas ("Josefsberg", 293,60 meter) is albei in die munisipaliteit geleë.