Maurice Béjart
From Wikipedia, the free encyclopedia
Maurice Béjart is die skuilnaam waaronder die Fransman Maurice Jean Berger (1 Januarie 1927 – 22 November 2007) as danser en choreograaf gewerk het. Sy styl bestaan uit 'n kombinasie van klassieke ballettegniek, moderne jazz, akrobatiek en Oosterse motiewe. Hy het 'n belangrike bydrae gelewer tot die ontwikkeling van totale teater, waarin dans, musiek, sang, mimiek en die gesproke woord in groot mate saamgaan. Hy het sowat sewentig ballette geskep.
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Maurice Béjart | |
---|---|
Maurice Béjart in 1988 | |
Gebore | Maurice-Jean Berger (1927-01-01)1 Januarie 1927 |
Sterf | 22 November 2007 (op 80) |
Nasionaliteit | Frankryk |
Beroep | Danser, choreograaf |
Ouer(s) | Gaston Berger (vader) |
Sluit