Mariënbad
From Wikipedia, the free encyclopedia
Mariënbad (Duits: Marienbad; Tsjeggies: Mariánské Lázně, [ˈmarɪˌaːnskɛː ˈlaːzɲɛ]) is 'n stad en hersteloord in Wes-Boheme, Tsjeggië, met 'n bevolking van sowat 13 000. Administratief behoort dit tot die distrik Cheb (Okres Cheb) in die Karlovy Vary-streek (Karlovarský kraj). Saam met twee ander hersteloorde en badplase, Karlovy Vary (Karlsbad) en Františkovy Lázně (Franzensbad), vorm Mariënbad die hartland van die sogenaamde Wes-Boheemse Driehoek van Mineraal- en Warmbaddens. In sy bloeitydperk het die genesende krag van Mariënbad se mineraalbaddens bekende persoonlikhede soos konings, adellikes, kunstenaars en wetenskaplikes gelok.
Ek het besoeke gebring aan die hele Indië, Ceylon, alle warmbaddens in Europa, maar nêrens het die buitengewoon mooi natuur my hart só geraak soos hier in Mariënbad. - Edward VII, koning van Engeland (1841–1910) [1] |
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Tsjeggië |
Historiese streek | Boheme |
Kraj (gewes) | Karlovarský kraj |
Okres (distrik) | Cheb |
Koördinate | 49°57′53″N 12°42′4″O |
Stigting | 14de eeu |
Stadstatus | 1865 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 51,81 vk km |
Hoogte bo seevlak | 578 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2017) | 13 042 |
- Bevolkingsdigtheid | 251,7/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | - |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | - |
- Gem. temp. Januarie/Julie | - |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | - |
Burgemeester (starosta) | Petr Třešňák |
Amptelike Webwerf | www.marianskelazne.cz/ |
In 2021 is Mariënbad deur Unesco as wêrelderfenisgebied onder die sambreelterm "Historiese spa's van Europa" gelys, saam met Františkovy Lázně en Karlovy Vary (albei Tsjeggië); Spa (België); Baden bei Wien (Oostenryk); Bad Ems, Baden-Baden en Bad Kissingen (Duitsland); Vichy (Frankryk); Montecatini Terme (Italië); en Bath (Verenigde Koninkryk).[2]