Lys van soorte -vore
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die agtervoegsel -voor ontspring van die Latynse werkwoord vorare, wat beteken om op te vreet, en word in biologie gebruik om naamwoorde te vorm wat aandui wat die aard van 'n dier se dieet is.
Die volgende lys toon aan watter woorde in -voor eindig, asook 'n aanduiding na watter soort dieet dit verwys.
- Karnivoor of vleiseter – vleis
- Bakterivoor – bakterie
- Detritivoor – detritus (verrottende materiaal)
- Folivoor of blare-eter – blare
- Frugivoor – vrugte
- Granivoor – sade
- Herbivoor of plante-eter – plante
- Insektivoor of insekte-eter – insekte
- Limnivoor – modder
- Nektarivoor – nektar
- Mukivoor – plantsappe
- Mikovoor – swamme
- Omnivoor of alleseter – plante en vleis
- Piskivoor – vis
- Sanguinivoor – bloed
- Saprovoor – dooie materiaal