Lys van herleefde tale
Wikimedia lysartikel / From Wikipedia, the free encyclopedia
Herleefde tale is daardie tale wat, ná hulle amper of heeltemal as hetsy ’n gesproke of geskrewe taal uitgewis is, met bedoeling herleef is en uiteindelik 'n mate van hul voormalige status herwin het.
Die vernaamste oorsaak van die meeste uitsterwings van tale, is die marginalisering daarvan as 'n plaaslike streektaal binne ’n groter nasiestaat, wat partymaal aan volstrekte politieke onderdrukking toegeskryf kan word. Hierdie tendens loop hand aan hand met ekonomiese en kulturele druk om groter sentralisasie en assimilasie. Wanneer ’n taal eers op hierdie wyse na die kantlyn geskuif word, voel die oorblywende gebruikers dikwels dat hierdie taal “nutteloos” is en vereenselwig dit met lae sosiale status en armoede. Gevolglik sal dit geleidelik van die een geslag na die volgende uitgefaseer word.