Luiperds
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Luiperds is 'n provinsiale rugbyspan in Potchefstroom, Suid-Afrika. Hulle was voorheen bekend as Wes-Transvaal en het lank in die volksmond bekend gestaan as die Mielieboere.
- Sien Luiperd vir die artikel oor die soogdier.
Kitsfeite
Luiperds | ||||
Bynaam(e) | Mielieboere | |||
Embleem | Luiperd | |||
Stigting | 1920 | |||
Unie | Luiperds Rugbyunie | |||
Ligging | Potchefstroom | |||
Streek | Noordwes | |||
Stadion | Olënpark | |||
Kapasiteit | 22 000 | |||
Afrigter(s) | Jorrie Muller | |||
Kaptein(s) | Jeandré Rudolph | |||
Liga(s) | Curriebeker Vodacombeker | |||
Unie webwerf | ||||
www.leopardsrugby.com |
Sluit
Die Luiperds se tuisveld is Olënpark in Potchefstroom en soms die Royal Bafokeng-stadion naby Rustenburg. Hulle ding jaarliks mee om die Curriebeker en die Vodacombeker. Die voedingsbron vir die unie is hoofsaaklik die Noordwes-Universiteit.