Ligurië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ligurië (Italiaans: Liguria) is 'n kusstreek in Noordwes-Italië en die derde kleinste van Italië se administratiewe streke. Sy hoofstad is Genua. Ligurië grens aan Frankryk in die weste, Piëmont in die noorde en Emilia-Romagna en Toskana in die ooste. Die Liguriese See, wat deel uitmaak van die Tirreense See (of noordelike Middellandse See) vorm sy natuurlike suidelike grens.
---Sidenote START---
Meer inligting Wapen en vlag, Algemene gegewens ...
Wapen en vlag | |
---|---|
Algemene gegewens | |
Hoofstad: | Genua |
Administratiewe verdeling: | 4 provinsies |
Oppervlakte: | 5 420.24 vk km |
Bevolking: | 1 555 640 (1 Januarie 2019) |
Bevolkingsdigtheid: | 287 inwoners per vk km |
Webwerf: | www.regione.liguria.it |
ISO 3166-2: | IT-42 |
President: | Giovanni Toti (FI) |
Kaart | |
Sluit
Ligurië het 'n oppervlakte van 5 420,24 vierkante kilometer met 'n bevolking van sowat 1,56 miljoen.