Kunenerivier
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kunenerivier is 'n rivier wat ontspring in die hooglande van Angola en dan eers suidwaarts vloei voor dit draai en weswaarts vloei om in die Atlantiese Oseaan uit te mond. Dit vorm ook die grens tussen Angola en Namibië op die weswaartse tog. Daar is twee watervalle in die rivier: Epupa-waterval en Ruacana-waterval.
Kitsfeite
Kunenerivier | |
---|---|
Die Epupa-waterval. | |
Die stroomgebied van die Kunenerivier. | |
Oorsprong | Hoogland van Bié (Angola) |
Monding | Angola en Namibië Atlantiese Oseaan |
Stroomgebied | Angola, Namibië |
Lengte | 1 207 km (750 myl) |
Oorspronghoogte | 1 800 m |
Mondinghoogte | 0 m |
Gemiddelde afloop | 174 m³/s |
Stroomgebiedopp. | 272 000 km² |
Sluit