Korubo
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Korubo of Korubu is ’n inheemse volk van Brasilië wat in die laer Vale do Javari in die westelike Amasonebekken woon. Die groep noem hulself die Dslala en in Portugees word na hulle verwys as caceteiros ("knuppelslaners"). Baie van wat die buitewêreld van hulle weet, is danksy die navorsing van die Brasiliaanse ontdekkingsreisiger Sydney Possuelo, wat die stam in Oktober 1996 die eerste keer gekontak het, en die joernalis Paul Raffaele.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Korubo | |
---|---|
Totale bevolking: | Sowat 170 |
Belangrike bevolkings in: | Brasilië |
Taal: | Korubo |
Geloofsoortuiging: | Geen |
Verwante etniese groepe: |
Sluit
Die Korubo is een van die laaste feitlik geïsoleerde volke van die wêreld, hoewel hulle al talle gewelddadige botsings met nabygeleë gemeenskappe gehad het.