Koos de la Rey
Leeu van die wes-Transvaal / From Wikipedia, the free encyclopedia
Generaal Koos de la Rey (Jacobus Herculaas de la Rey) (22 Oktober 1847, Winburg – 15 September 1914, Langlaagte) was 'n Boeregeneraal gedurende die Tweede Vryheidsoorlog en word geag as een van die grootste militêre leiers tydens daardie konflik. De la Rey was 'n diep gelowige mens en 'n sakbybel was selde nie in sy hande nie. Hy het 'n formidabele voorkoms gehad - 'n lang, netjies gesnyde bruin baard met 'n hoë voorhoof met gesonke oë wat hom 'n patriargale voorkoms gegee het.
Jacobus Herculaas de la Rey | |
---|---|
Bynaam(e) | Koos, Leeu van die weste |
Geboortedatum | 22 Oktober 1847 |
Geboorteplek | Winburg, Oranje-Vrystaat |
Sterfdatum | 15 September 1914 (66 jaar oud) |
Sterfplek | Witwatersrand, Unie van Suid-Afrika |
Lojaliteit | Oranje-Vrystaat Zuid-Afrikaansche Republiek Suid-Afrika |
Diens/Tak | Royal Flying Corps Britse Lugmag Suid-Afrikaanse Lugmag |
Rang | Generaal |
Veldslae/oorloë | Basotho-oorlog van 1865 Sekhukhune-oorlog Eerste Vryheidsoorlog Tweede Vryheidsoorlog |
Familie | Jacoba Elizabeth (Nonnie) Greeff |
Ander werk | Parlementslid van Transvaal Delegeer aan die Nasionale Konvensie Senator |
Hy word algemeen beskou as die sterkste en mins inskiklike Boeregeneraal tydens die Tweede Vryheidsoorlog en as een van die leiersfigure van Afrikanernasionalisme. As guerilla het hy besonderse sukses met sy taktieke behaal. De la Rey was gekant teen die oorlog tot die laaste, maar toe hy as lafaard beskuldig is tydens 'n Volksraadvergadering, het hy gesê dat as die tyd vir oorlog sou kom, hy sou veg lank nadat die wat koukus oor die oorlog al opgegee het. Die woorde sou later bewaarheid word.
De la Rey was beroemd vir sy rare gedrag teenoor sy vyande. 'n Voorbeeld hiervan is die voorval by Tweebosch op 7 Maart 1902 waar hy luitenant-generaal Lord Methuen saam met 'n paar honderd van sy troepe gevange geneem het. Die troepe is teruggestuur na hulle onderskeie oorlogslinies omdat De la Rey nie die bronne gehad het om hulle te onderhou nie, en Methuen is vrygelaat omdat hy erg gewond was en De la Rey gemeen het dat hy sou doodgaan sonder die mediese dienste wat slegs die Britte in daardie stadium kon verskaf.