Koningsprotea
plantspesie / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die koningsprotea (Protea cynaroides), ook bekend as die reuseprotea, koningsuikerbos of heuningpot, is 'n blom en die grootste lid van die Protea-genus en is deel van die fynbos-bioom. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom voor vanaf die Sederberg tot Port Elizabeth. Die struik het meer as een stam en word tot 2 m in deursnee en ook tot 2 m hoog. Dit blom regdeur die jaar.
Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Koningsprotea | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. cynaroides |
Binomiale naam | |
Protea cynaroides L., 1771 | |
Verspreidings-kaart | |
Sinonieme | |
|
Sluit
Die plant spruit weer uit na 'n vuur. Die saad word deur die wind versprei en die plant is eenslagtig. Die aktiwiteite van voëls is verantwoordelik vir die bestuiwing. Die plant groei in sandsteengrond op hoogtes van 0–1 500 m.