Kizji
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kizji (Russies: Кижи) is ’n eiland in die Onegameer in die Republiek van Karelië in Rusland met ’n versameling houtgeboue. Dit is een van die gewildste toeriste-attraksies in Rusland en bevat die Kizji-pogost, ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.
Kitsfeite Kizji Inheemse naam: Кижи, Geografie ...
Kizji Inheemse naam: Кижи | |
---|---|
Die twee hoofkerke op Kizji. | |
Geografie | |
Ligging | Rusland, Onegameer |
Koördinate | 62°04′N 35°14′O
|
Oppervlakte | 5 vk km |
Administrasie | |
Rusland | |
Republiek | Karelië
|
Sluit
Die hele eiland is ’n museum van groot historiese belang met allerhande geboue soos kapelle, windmeulens, boothuise, saunas, huise en skure van hout. ’n Paar plaaslike boere en personeellede van die museum woon op die eiland.
Kizji is sowat 7 km lank en 0,5 km breed. Dit word omring deur 5 000 ander eilande, die meeste baie klein, en kan bereik word met ’n skeerboot van Petrozawodsk, passasiersboot of helikopter. Daar is geen oornaggeriewe nie.