Keiser van Indië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Keiser/Keiserin van Indië (Engels: Emperor of India) is gebruik as ’n titel deur die laaste keiser van die Mogolryk, Bahadur Shah II, en weer deur die koloniale monarge van die Britse Ryk tydens die Britse heerskappy in Indië.
Die term verwys ook soms na Indiese keisers soos Ashoka die Grote van die Maurya-dinastie[1] en keiser Akbar die Grote van die Mogolryk. Hulle het egter nie die titel vir hulself toegeëien nie.