Kappadosië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kappadosië (Turks: Kapadokya, van die Griekse Καππαδοκία, Kappadokía) is ’n streek in Sentraal-Turkye, grootliks in die Nevşehir-provinsie.
Nasionale Park van Göreme en die rotse van Kappadosië* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Berg Aktepe naby Göreme en die rotse van Kappadosië. | |
Ligging van Kappadosië in Turkye | |
Koördinate: 38°39′30″N 34°51′13″O | |
Lande | Turkye |
Tipe | Verskeie |
Kriteria | i, iii, v, vii |
Verwysings | 357 |
Streek† | Asië |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1985 (9de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Die naam is regdeur die geskiedenis in Christelike bronne gebruik en is steeds die naam van ’n streek met buitengewone natuurlike wonders, veral die unieke "feëskoorstene", en ’n unieke historiese en kulturele erfenis. Dit is ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.
In die tyd van Herodotus is berig dat die Kappadosiërs die hele streek van Berg Taurus tot naby die Swartsee bewoon het. In hierdie sin is Kappadosië se grens in die suide gevorm deur die Taurus-gebergte wat dit van Silisië skei, in die ooste deur die Bo-Eufraat-rivier en die Armeense Hoogland, in die noorde deur Pontus en in die weste deur Likaonië en Oos-Galasië.[1]