Joego-Slawië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Joego-Slawië (Serwo-Kroaties: Jugoslavija/Југославија, [juɡǒslaːʋija]; Sloweens: Jugoslavija, [juɡɔˈslàːʋija]; Masedonies: Југославија, [juɡɔˈsɫavija]; Albanees: Jugosllavia, Hongaars: Jugoszlávia; letterlik: "Suid-Slawië") was tussen 1918 en 2003 die naam van drie opeenvolgende state in Suidoos-Europa op die Balkanskiereiland. Die hoofstad van hierdie state was telkens Belgrado.
- Die eerste Joego-Slawië (1918–1941) was 'n koninklike diktatuur wat van 1918 tot 1929 bekend was as die Koninkryk van die Serwiërs, Kroate en Slowene en van 1929 tot 1941 as die Koninkryk Joego-Slawië. Dit het bestaan tot dit deur Nazi-Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog ingeval is.
- Die tweede Joego-Slawië (1943–1992) was die bekendste. Die staat het van 1943 tot 1945 as die Federale Demokratiese Republiek Joego-Slawië bekend gestaan, van 1945 tot 1963 die Federale Volksrepubliek Joego-Slawië en van 1963 tot 1992 die Sosialistiese Federale Republiek Joego-Slawië.
- Die derde Joego-Slawië (1992–2003) het ontstaan na die Joego-Slawiese Oorlog en het bestaan uit Serwië en Montenegro. Die amptelike naam was die Federale Republiek van Joego-Slawië.
| |||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||
Leuse: Jedan narod, jedan kralj, jedna država (1919–1941) Један народ, један краљ, једна држава (Serwo-Kroaties vir: "Een nasie, een koning, een staat") Bratstvo i jedinstvo (1919–1941) Братство и јединство (Serwo-Kroaties vir: "Broederskap en eenheid") | |||||||||||||||||||||||
Volkslied: Himna Kraljevine Jugoslavije (1919–1941) Химна Краљевине Југославије (Serwo-Kroaties vir: "Volkslied van die Koninkryk Joego-Slawië") Hej, Slaveni/Хеј, Славени (1945–1992) (Serwo-Kroaties vir: "Hey, Slawiërs") | |||||||||||||||||||||||
Ligging van Joego-Slawië | |||||||||||||||||||||||
Hoofstad | Belgrado (Beograd / Београд) | ||||||||||||||||||||||
Taal/Tale | Serwo-Kroaties, Masedonies, Sloweens, Albanees | ||||||||||||||||||||||
[[Regering|]] | Nie gespesifiseer nie | ||||||||||||||||||||||
Monarg/President | |||||||||||||||||||||||
- 1918–1921 | Pieter I van Joego-Slawië | ||||||||||||||||||||||
- 1921–1934 | Alexander I van Joego-Slawië | ||||||||||||||||||||||
- 1934–1945 | Pieter II van Joego-Slawië | ||||||||||||||||||||||
- 1953–1980 | Josip Broz Tito | ||||||||||||||||||||||
Historiese tydperk | 20ste eeu | ||||||||||||||||||||||
- Stigting | 1 Desember 1918 | ||||||||||||||||||||||
- Ontbinding | 27 April 1992 | ||||||||||||||||||||||
Oppervlakte | |||||||||||||||||||||||
- 1918 | 247 542 km2 95 577 sq mi | ||||||||||||||||||||||
- 1991 | 255 804 km2 98 766 sq mi | ||||||||||||||||||||||
Bevolking | |||||||||||||||||||||||
- 1918 skatting | 12 017 323 | ||||||||||||||||||||||
Digtheid | 48,5 /km² 125,7 /sq mi | ||||||||||||||||||||||
- 1991 skatting | 23 229 846 | ||||||||||||||||||||||
Digtheid | 90,8 /km² 235,2 /sq mi | ||||||||||||||||||||||
Geldeenheid | Joego-Slawiese dinar | ||||||||||||||||||||||
|
Vanaf 2003 het hierdie staat as Serwië en Montenegro bekend gestaan, maar in 2006 het dit verdeel in twee afsonderlike state, naamlik Serwië en Montenegro.