Jewgeni Woetsjetitsj
From Wikipedia, the free encyclopedia
Jewgeni Wiktorowitsj Woetsjetitsj (Russies Евгений Викторович Вучетич; wetenskaplike transliterasie Evgenij Viktorovič Vučetič; * 28 Desember 1908 in Jekaterinoslaf, Russiese Ryk, tans Oekraïne; † 12 April 1974 in Moskou) was 'n bekende Sowjet-beeldhouer en kunstenaar. In 1967 is hy as "Held van die sosialistiese arbeid" vereer nadat in 1959 reeds die status van "Volkskunstenaar van die Unie van Sosialistiese Sowjet-republieke" aan hom toegeken is. Woetsjetitsj het veral met sy groot heroïese monumente, wat in 'n allegoriese styl ontwerp is, bekendheid verwerf.
Jewgeni Woetsjetitsj | |
---|---|
Geboortenaam | Jewgeni Wiktorowitsj Woetsjetitsj |
Gebore | (1908-12-28)28 Desember 1908 Jekaterinoslaf, Russiese Ryk |
Sterf | 12 April 1974 (op 65) Moskou, Sowjetunie |
Nasionaliteit | Rusland (1908–1914) Sowjetunie (1922–1974) |
Veld | Beeldhouwerk |
Opleiding | Rostof kunsskool, Instituut van Proletariese Beeldende Kunste |
Beweging | Sosialistiese realisme |
Woetsjetisj was van Montenegrynse en (van moederskant) Franse afkoms en is in Jekaterinoslaf, die huidige Dnipropetrofsk in Oekraïne gebore. Hy was een van die leidende verteenwoordigers van die Sosialistiese realisme en is met talle toekennings bekroon, waaronder die Lenin-prys (1970), die Stalin-prys (vyf keer), die Orde van Lenin (twee keer) en die Orde van die Groot Vaderlandse Oorlog (tweede klas).