Jesus van Nasaret (Gnosties-Christelike benadering)
Gnosties-Christelike tradisisie oor Jesus / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die vroeë Gnostiese Christene was lede van 'n spirituele beweging wat sy oorsprong in die leerstellings van Jesus van Nasaret - soos beskryf in die Christelike skrifte - het. Terwyl die meeste van Jesus se tydgenote slegs die uiterlike aspekte van sy leerstellings kon begryp, het hy vir sy volgelinge, waaronder Maria Magdalena, die sleutels gegee om die ware esoteriese betekenis van sy boodskap te ontsluit en bekend te maak.
Dié artikel het bykomende verwysings nodig vir verifikasie. |
- Weens die uiteenlopendheid van teologiese en filosofiese konsepte wat dikwels in die literatuur as "Gnosties-Christelik" beskryf word, en ter wille van verifieerbaarheid vir die leser sal hierdie artikel voorlopig op die huidige Gnosties-Christelike stromings soos die Ecclesia Gnostica konsentreer.
In teenstelling met die ortodokse Christene, wat as gevolg van hulle onvoldoende kennis en insig selfs die wederkoms van Jesus as die "Messias" en "aardse regter" binne enkele dekades ná sy dood voorspel het, het die Gnostiese Christene die verborge betekenis van sy uitsprake bestudeer en hul kennis oor hul ware spirituele oorsprong gebruik om hulself in spirituele opsig te bevry. Hul skrifte is steeds in simboliese vorm geskryf en behels die volledige versameling van Christelike tekste.
Vandag word die Gnosties-Christelike tradisie deur kerke soos die Ecclesia Gnostica bewaar.