Intelligensie by voëls
From Wikipedia, the free encyclopedia
Voëlintelligensie behels intelligensie en die bepaling daarvan by voëls. Die probleme om intelligensie by niemenslike diere te bepaal maak dit ’n moeilike onderwerp van wetenskaplike studie. Anatomies het voëls (10 000 spesies wat direkte afstammelinge van Theropoda-dinosourusse is) ’n relatief groot brein in vergelyking met die grootte van hul kop. Die gesig- en gehoorsintuig is in die meeste spesies goed ontwikkel, terwyl die tas- en reuksintuig in ’n paar groepe goed is. Voëls kommunikeer met behulp van visuele seine sowel as geluide. Die toets van hul intelligensie is dus geskoei op die bestudering van hul reaksie op sintuiglike prikkels.