Ierse Republikeinse Leër
Ierse republikeinse rewolusionêre militêre organisasie / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Ierse Republikeinse Leër (IRL) (Engels: Irish Republican Army; Iers: Óglaigh na hÉireann) was die naam vir verskeie paramilitêre organisasies wat 'n Ierland-eilandwye Ierse Vrystaat nagevolg het sonder bande met die Verenigde Koninkryk. Geweld was ook deur die IRL in hierdie proses gepleeg.
Al die organisasies wat dié naam gebruik het beweer dat hulle afstam van die eerste Ierse Republikeinse Leër, die leër van die Ierse Republiek, wat in 1919 gestig is deur die Dáil Éireann en gelei is deur Michael Collins. Daar word na hierdie groep verwys as die Ou IRL (opvolger van die Ierse vrywilligers). Die huidige formele Ierse weermag (The Irish Defense Forces) beskou hulself as die opvolger van die oorspronklike IRL ten tyde van die Ierse onafhanklikheidsoorlog.[1]