Hindoeïsme (eerste artikel)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hindoeïsme (Sanskrit: सनातन धर्म Sanātana dharma beteken: Die Ewige Religie) is die dominante religie in Indië, Nepal en van ongeveer 'n halfmiljoen mense van Indiese oorsprong in Suid-Afrika.
- Hierdie is die heel eerste artikel wat op die Afrikaanse Wikipedia verskyn het, en wel op 17 November 2001.
Hindoeïsme het oor 3000 jaar in Indië ontstaan en is soos 'n rivier waarin baie strome gevloei het. Die strome is die gelowe en praktyke van talle rasse, etniese groepe en kulture op die Indiese subkontinent.
Hindoeïsme het baie gode en tog is daar vir party Hindoes 'n onpersoonlike "absoluut" agter hulle almal, genaamd Brahma, die skepper van die heelal. Hy sou een van die Gode van die Trimoerti (drie-eenheid) wees.