Helgoland
From Wikipedia, the free encyclopedia
Helgoland (Noord-Fries: Deät Lun, Engels: Heligoland) is 'n argipel in die Noordsee, 70 km van die kus van Duitsland. Dit is in ongeveer 4 000 v.C. gevorm en was reeds vroeg in die Neolitikumtydperk bewoon.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Sleeswyk-Holstein |
Koördinate | 54°11′N 7°53′O |
Stigting | 7de eeu |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 1,7 vk km |
Hoogte bo seevlak | 40 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2020) | 1 307 |
- Bevolkingsdigtheid | 769/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
Burgemeester | Jörg Singer |
Amptelike webwerf | helgoland.de |
In die vroeë Middeleeue het die Friese daar gewoon en die huidige bevolking praat steeds 'n Noord-Fries dialek. Later het Denemarke dit in besit geneem en in die tyd van die Hanse was dit 'n tuiste vir seerowers.
Ná die groot storm van 1720 is dit verdeel in twee eilande: die Oberland (1 km²) wat uit klippe bestaan en die Duin (0,7 km²) wat uit sand bestaan.