Hael
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hael is 'n tipe neerslag wat uit ysballetjies bestaan. 'n Belangrike kenmerk van hael is dat die haelkorrel uit 'n reeks dun yslagies bestaan wat bo-op mekaar gevorm het. Die deursnee van hael wissel van kleiner as 5 millimeter tot omtrent 15 sentimeter, en haelkorrels kan meer as 0,5 kilogram weeg.