Kraanvoël
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die kraanvoël is 'n sierlike en statige voël en groter familielid van die korhaan en riethaan in die Gruidae familie. Hulle word gewoonlik in die Karoo, Hoëveld, Transkei en KwaZulu-Natal aangetref. Alle kraanvoëls het vere wat aan albei kante van hulle sterte oorhang en is lief om te pronk en merkwaardige danspassies uit te voer, waarby soms meer as twee voëls betrek kan word. Hulle het lang pote en verskil van ooievaars deurdat hulle kort snawels het en boonop lawaaierig is. Hulle vlieg egter net soos ooievaars, met die kop en nek gestrek. Die bloukraanvoël word op die Hoëveld aangetref en kan maklik makgemaak word. Die pragtige mahem met swark kop, goue kuif en rooi of goue stert, is 'n kuddevoël van die vleie van Natal en Zoeloeland.
Kraanvoëls | |
---|---|
Grus antigone antigone | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Gruidae |
Genera | |
|
Kraanvoëls (familie Gruidae) is groot, slanke voëls wat soos ooievaars lyk. Hulle is bekend vir hul danse, waarop talle primitiewe volke se stamdanse gebaseer is. Kraanvoëls kom in die Noordelike Halfrond en in Afrika en Australië voor, maar die voortbestaan van 6 van die 14 spesies word ernstig bedreig omdat die voëls in die verlede blindelings gejag is. Die bloukraanvoël (Anthropoides paradisea) is Suid-Afrika se nasionale voël en is ook op die 5c-stuk afgebeeld. Kraanvoëls (familie Gruidae) is baie groot voëls wat in verskeie opsigte met ooievaars en reiers ooreenkom, hoewel hulle nie aan mekaar verwant is nie. Die meeste kraanvoëls is swart, grys en wit en enkele spesies het rooi vlekke aan die kop. Hul pote, nekke en vlerke is lank, terwyl die snawels oor die algemeen kort is. Sommige spesies het lang sterte en ander kortes. Net soos reiers vlieg kraanvoëls ook met kragtige, stadige bewegings, maar hulle strek hul nekke en pote ver uit. 'n Merkwaardige eienskap van kraanvoëls is die verlengde lugpyp soms tot 1,5 m lank - wat deels opgerol in die borsbeen lê. Dit is hierdie orgaan wat die voëls in staat stel om die geluid, wat soos trompetgeskal klink, te maak.