Gnosistiese leerstellings
From Wikipedia, the free encyclopedia
Gnostisisme is 'n mistieke godsdiens en filosofie wat elemente bevat van onder meer die okkultisme, Oosterse mistisisme, astrologie, toorkuns, Judaïsme, Christelike leer, Griekse filosofie en selfs Zoroastrisme.
Dié artikel het bykomende verwysings nodig vir verifikasie. |
Die term Gnostisisme is afgelei van die Griekse woord gnosis wat "kennis" beteken. Gnostisiste glo dat die mens se siel, wat deel is van die godheid of Gees van God, in die fisieke wêreld vasgevang is en net daaruit kan ontsnap en na sy goddelike oorsprong kan terugkeer deur spesiale kennis (gnosis).
Die Gnostisisme het in die tweede en derde eeu ná Christus 'n bloeitydperk in onder meer Iran, Palestina, Sirië en Egipte beleef, maar het mettertyd veld verloor ná teenkanting van die Rooms-Katolieke en Ortodokse Christelike Kerk. In die twintigste eeu het belangstelling in die Gnostisisme weer opgevlam ná die ontdekking van ou Gnostiese geskrifte naby Nag Hammadi in Egipte.