Ginučiai
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ginučiai is 'n gehuggie op die oewer van die Linkmenas-meer in die Nasionale Aukštaitija-park in Oos-Litaue. Die dorp, wat langs 'n pad aangelê is en administratief aan die Ignalina-rajonmunisipaliteit behoort, het in 2001 'n bevolking van 69 gehad. Land- en bosbou is tradisioneel die belangrikste bronne van inkomste vir die bewoners. Die dorp het vanweë sy ligging in die nasionale park ook tot 'n toeristetrekpleister ontwikkel.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |