Gewasboerdery in Suid-Afrika
From Wikipedia, the free encyclopedia
Gewasboerdery en veeteelt maak die twee bene van boerdery uit. Gewasboerdery sluit twee hoofgroepe in, naamlik akkerbougewasse (mielies, koring, sonneblom, rog en ander) en tuinbougewasse (groente soos aartappels en wortels, vrugte soos druiwe en perskes, neute en ander).
Landbou kom kortliks neer op die verbouing van plante en die aanteel van diere gerig op die mens se voeding-, kleding- en ander behoeftes.
Die eerste makmaking van gewasse en diere het waarskynlik in 9000-8500 v.C. in die Midde-Ooste begin: lensies, ertjies, rog en koring, wat almal wilde plante was. Daarna het dit na Noord-Afrika, Europa en dele van Asië versprei. China was ook teen sowat 8000 v.C. ’n belangrike sentrum.