Gerard Manley Hopkins
Engelse digter en priester / From Wikipedia, the free encyclopedia
Gerard Manley Hopkins (28 Julie 1844 – 8 Junie 1889) was 'n Engelse digter en priester. Sy nadoodse faam het hom gevestig as een van die voorste Victoriaanse digters. Sy manipulasie van prosodie – veral sy begrip van "sprung rhythm" – het hom stewig gevestig as 'n vindingryke skrywer van die verskuns, net soos sy tegniek om God te loof en te prys deur sy verbeeldingryke gebruik van beeldskepping en die natuur. Dit was eers na sy afsterwe dat Robert Bridges begin het om 'n paar van Hopkins se volwasse gedigte in bloemlesings te publiseer, met die hoop dat hy hierdeur die weg sou voorberei vir die wyer aanvaarding van Hopkins se styl. Teen 1930 was sy werk erken as een van die mees oorspronklikste letterkundige prestasies van sy eeu. Dit het 'n merkbare invloed uitgeoefen op van die voorste 20ste eeuse digters, soos T. S. Eliot, Dylan Thomas, W. H. Auden, Stephen Spender en Cecil Day-Lewis.
Gerard Manley Hopkins | |
---|---|
Gebore | (1844-07-28)28 Julie 1844 Stratford, Londen, Essex, Engeland |
Sterf | 8 Junie 1889 (op 44) Dublin, Ierland |
Nasionaliteit | Brits |
Alma mater | Heythrop Kollege, Londen Balliol College, Oxford |
Beroep | Digter, Jesuïet priester |
Geloof | Rooms-Katoliek |