Gekkegoud
From Wikipedia, the free encyclopedia
Gekkegoud (Engels: Fool's Gold) is 'n naam wat na die minerale Piriet (FeS2) en Chalkopiriet (CuFeS2) (minder algemeen bekend) verwys. Dit is nie sinoniem tot die mineraal piriet nie.
Die naam het sy bestaan te danke aan vele mense wat al die mineraal vir goud (Au) aangesien het, net om tot hul teleurstelling te moet uitvind dat dit geen waarde het nie.
Die naam het ontstaan toe Martin Frobisher in 1576, na sy reis om die Noord-wes gang te soek, met 'n vrag vol gekkegoud na Engeland teruggekeer het, onder die indruk dat dit goud was.