Gebruiker:Alias
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ek dra by hier by die Afrikaanse Wikipedia sedert April 2004. Ek is ook 'n administrateur en burokraat. Oor die afgelope paar jaar het my beskikbare tyd geleidelik minder geword. Die administrasie saam met die beperking van vandalisme, het beteken dat ek min of meer geen tyd meer gehad het vir enige werk aan die ensiklopedie nie. Op daardie stadium het ek reeds hoofsaaklik in die Wikipedia-naamruimte gewerk en taalversorging gedoen, en bittermin aan inhoud kon werk. Die hernoeming van gebruikers van regoor die Wikimedia-wêreld was die strooi wat die kameel se rug gebreek het. Gevolglik het my entoesiasme aansienlik getaan. 'n Paar geskille en oënskynlike verskille tussen my doelwitte en dié van meeste ander hier, het my genoop om my vrye tyd elders te gebruik (meestal steeds ter wille van Afrikaans).
af | Hierdie gebruiker se moedertaal is Afrikaans. |
en-2 | This user is able to contribute with an intermediate level of English. |
nl-1 | Deze gebruiker heeft elementaire kennis van het Nederlands. |
Ek bly passievol oor die ideale van 'n Vry ensiklopedie, maar sien nie tans met duidelikheid hoe ek sinvol sal kan bydra én dit geniet nie. Miskien is 'n lang ruskans al wat ek nodig het om my later met groot drif weer te laat terugkeer.
Ek is dus vir meeste praktiese doeleindes onbeskikbaar, maar kan steeds per e-pos bereik word. Ek sal steeds belangstel om bymekaarkomste by te woon soos vantevore.