Hoendervoëls
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hoenderagtiges (orde Galliformes) kom natuurlik verspreid oor die hele wêreld voor, met die uitsondering van Nieu-Seeland en Antarktika. Kenmerkend vir hoenderagtiges is hul kort stewige pote, waarmee hulle op die grond skrop op soek na kos. Hulle vlerke is kort en rond en hulle kan nie juis goed vlieg nie. Die vertering van hul oorwegend plantaardige voedsel word bevorder deur die aanwesigheid van klippies in die maag, wat die voëls saam met hulle kos oppik.
Galliformes | |
---|---|
Gallus sonneratii | |
Meleagris ocellata | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | Galliformes |
Families | |
|
Hulle het ook 'n krop waarin voedsel opgegaar word. Die orde van die hoenderagtiges (Galliformes) kan in sewe families onderverdeel word: Megapodiidae (grootpoothoenders), Cracidae (hokko's), Phasianidae (jagvoëls). Opisthocomidae (hoatsins), Tetraonidae (korhoenders), Numidae (tarentale) en Meleagridae (kalkoene).
In Suider-Afrika is net patryse en kwartels van die familie Phasianidae (jagvoëls) en twee spesies van die Numidae (dietarentale) inheems. Van die oorblywende vyf families wat oor die res van die wêreld versprei is, kom enkeles, vanweë hul besondere voorkoms, in sommige van Suid-Afrika se dieretuine voer. Gewone hoenders, wat huisdiere geword het nadat hulle reeds in 6000 v.C. gedomestikeer is, stam uit die Phasianidae-familie.