Rassemblement National
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Rassemblement National (tot 1 Junie 2018: Front National (FN)) is 'n regsgesinde, populistiese en nasionalistiese politieke party in Frankryk, gestig in 1972 deur Jean-Marie Le Pen. Die RN beweer dat hulle omtrent 75 000 lede het. In die Franse 2002 presidensiële verkiesing het Jean-Marie Le Pen tweede na Jacques Chirac gekom. Marine Le Pen het in Januarie 2011 haar vader opgevolg.
Kitsfeite Leier, Gestig ...
Rassemblement National | |
RN | |
Logo van die Rassemblement National | |
Leier | Marine Le Pen |
---|---|
Gestig | 5 Oktober 1972 |
Hoofkwartier | 76-78 rue des Suisses, 92000 Nanterre |
Jeugvleuel | Front National de la Jeunesse |
Ideologie | Franse nasionalisme, sosiale konserwatisme, ekonomiese proteksionisme, Soewereinisme, Regse populisme, Euro skeptisisme, teen globalisme, teen immigrasie |
Amptelike kleure | Blou, wit en rooi |
Webblad | frontnational.com |
Sluit
Alhoewel die RN homself as 'n hoofstroom regse party beskryf, word hy in die media en deur akademici beskryf as ekstreem regs en selfs anti-semities.