Frankfurter Allee
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Frankfurter Allee ("Frankfurtse Laan") is een van die oudste verkeersare in Berlyn. Dit is die verlenging van die Karl-Marx-Allee in die rigting van Frankfurt (Oder), maak deel uit van die belangrike federale roetes (Bundesstraßen) 1 (die vroeëre Rykspad of Reichsstraße 1) en 5 en loop oor 'n afstand van 3,6 kilometer deur die Berlynse stadsdele Mitte, Friedrichshain en Lichtenberg.