Europese verwysingskader
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Europese Verwysingskader vir Tale: leer, onderwys en evaluasie is 'n riglyn wat gebruik word om die vaardigheid van taalleerders van vreemde tale in Europa te beskryf. Dit is deur die Raad van Europa saamgestel as die hoofdeel van hul projek "Die leer van 'n taal vir Europese burgerskap" tussen 1989 en 1996, met die doel om 'n metode te verskaf waarvolgens alle tale in Europa geleer en geëvalueer kan word. Die ses verwysingsvlakke (sien onder) is vinnig besig om wye aanvaarding te kry as die Europese standaard vir die meting van 'n individu se taalvaardigheid.