Egeïese eilande
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Egeïese eilande (Grieks: Νησιά Αιγαίου, Nisiá Aigaíou; Turks: Ege Adaları) is die groep eilande in die Egeïese See, met die Griekse vasteland in die weste en noorde en Turkye in die ooste. Dit het 'n oppervlakte van 3 660 km² en 'n bevolking van sowat 220 000 (in 2005). Die eiland Kreta baken die see na die suide af, met Rhodos, Karpatos en Kasos in die suiooste. Die antieke Griekse naam van die Egeïese See, archipelagos (ἀρχιπέλαγος), is later vir die eilande gebruik en verwys nou oor die algemeen na enige eilandgroep.
Die meeste van die eilande behoort aan Griekeland en word verdeel onder nege administratiewe streke. Die enigste groot eilande wat aan Turkye behoort, is Imbros (Gökçeada) en Tenedos (Bozcaada) in die noordoostelike deel van die see. Verskeie kleiner eilande aan Turkye se weskus val ook onder Turkse heerskappy.
Die eiland het warm somers en gematigde winters, dus 'n warmsomer- Mediterreense klimaat (Csa in die Köppen-klimaatklassifikasie).