Duitse Argitektuurmuseum
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Duitse Argitektuurmuseum (Duits: Deutsches Architekturmuseum, afgekort DAM) is 'n sentrum wat die konsepte van argitektuur aan die publiek verduidelik. Die museum is langs die sogenaamde Museumsufer ("Museum-oewer") in Frankfurt am Main geleë en een van 'n aantal soortgelyke Duitse instellings wat uitsluitlik aan die boukuns gewy is. Net soos die Argitektuurmuseum van die Tegniese Universiteit van München, die Suidwes-Duitse Argitektuurargief in Karlsruhe en die Argitektuurmuseum van die Tegniese Universiteit van Berlyn staan die DAM in die tradisie van 19de eeuse akademiese eksemplariese versamelings.
Meer inligting Plek, Land ...
Die Duitse Argitektuurmuseum in Frankfurt am Main | |
Plek | Frankfurt am Main |
---|---|
Land | Duitsland |
Tipe museum | Argitektuurmuseum |
Webtuiste | www.dam-online.de |
Sluit