Digital Combat Simulator
From Wikipedia, the free encyclopedia
Digital Combat Simulator (DCS) is 'n akkurate militêre vliegnabootser rekenaarspel ontwikkel en vervaardig deur Eagle Dynamics (ED) in Moskou, Rusland.
Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word. Probleem: Heelwat taal- en stylprobleme Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word. Hierdie kennisgewing is op 2015-06-08 hier geplaas. |
Kamov Ka-50: Swart Haai | |
---|---|
Naam: | DCS |
Herkoms: | Moskou, Rusland |
Genre: | Vliegnabootser |
Nagebootsde vliegtuie: | Kamov Ka-50, A-10C |
Media: | Aflaai / DVD |
Bekendstelling: | Nov-2008 |
Huidige versie: | 1.02 |
Speelmoontlikheid: | Internet, enkelspeler |
Sisteem eise: | Aanbeveling: Windows XP, Dual Core 2.0Ghz 2Gb geheue, 256Mb DirectX 9 videokaart, 4Gb hardeskyfruimte, geluidskaart, internetverbinding.
Opsioneel: Naturalpoint TrackIR, Saitek X-52 stuurstang |
DCS is 'n produkreeks bedoel om militêre vliegtuie en helikopters tot in die fynste detail na te boots. ED wil niks minder as die werklikheid naboots, want daarmee wil hulle hul produk aan die militêre industrie verkoop. Die eerste DCS-produk is 'n volledige nabootsing van die Russiese Ka-50 Swart Haai (NAVO: Hokum-A) gevegshelikopter (Russies: Чёрная Акула/Tsernaija Akoula). Alle daaropvolgende DCS produkte word in 'n module-formaat aan die koperspubliek beskikbaar gestel. Die voorganger van DCS:Ka-50 was Lockon Flaming Cliffs (Russies: Горячие скалы) wat 'n generiese nabootser vir alle vliegtuie gebruik het. Vir hul koperspubliek was LOFC 'n teleurstelling omdat vliegtuie soos die MiG-29C en F-15C byna dieselfde gemodelleer is.