Dieter Gerhardt
From Wikipedia, the free encyclopedia
Dieter Felix Gerhardt (gebore op 1 November 1935) is ’n voormalige kommodoor in die Suid-Afrikaanse Vloot en bevelvoerder van die strategiese Simonstadvlootbasis. Hy is in 1983 in hegtenis geneem deur die FBI in New York na aanleiding van die inligting wat verkry is van ’n Sowjet-oorloper. Hy is skuldig bevind aan hoogverraad as ’n Sowjetspioen in Suid-Afrika saam met sy tweede vrou, Ruth, wat as sy koerier opgetree het. Albei is vrygelaat voor die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994.
Kitsfeite Leenmanstrou, Diens ...
Dieter Gerhardt | |
Leenmanstrou | Sowjetunie |
---|---|
Diens | GRU |
Jare aktief | 1962–1983 |
Kodenaam(e) | Felix ((ru) Феликс) |
Persoonlike inligting | |
Geboortenaam | Dieter Felix Gerhardt |
Geboorte | 1 November 1935 (1935-11-01) (88 jaar oud) |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Blyplek | Switserland |
Eggenoot/e | Janet Coggin (geskei) Ruth Johr (kodenaam "Lena") |
Beroep | Kommodoor in die Suid-Afrikaanse Vloot |
Alma mater | Suid-Afrikaanse Vlootakademie |
Sluit