Die Nagwag
'n skildery van Rembrandt van Rijn / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nagwag is die bekendste skildery van Rembrandt van Rijn. Hy het dit tussen 1639 en 1642 geskilder. Die amptelike naam daarvan is De compagnie van kapitein Frans Banning Cocq en luitenant Willem van Ruytenburgh maakt zich gereed om uit te marcheren.
Kitsfeite Die Nagwag, Ander titel ...
Die Nagwag | |
---|---|
Ander titel | De Nachtwacht |
Kunstenaar | Rembrandt van Rijn |
Jaar | 1642 |
Soort | Olieverfskildery |
Grootte | 363 × 437 cm |
Museum | Rijksmuseum, Amsterdam |
Sluit
Die skildery het waarskynlik omstreeks 1676 die naam Die Nagwag gekry. Dit word permanent uitgestal in die Rijksmuseum in Amsterdam, Nederland, en is die bekendste skildery in die versameling en een van die beroemdste skilderye ter wêreld.