Dick King
From Wikipedia, the free encyclopedia
Richard (Dick) King het bekendheid verwerf met sy epiese tog van 950 km te perd vanaf Durban na Grahamstad gedurende 1842. King was 'n Britse setlaar in KwaZulu-Natal. Gedurende 1842 het die Voortrekkers en die Britte slaags geraak en die Britte is vasgekeer in Durban. King en sy 16-jarige agterryer, Ndongeni, ontsnap egter en hulle ry Grahamstad toe om versterkings te kry. Dié tog het King tien dae geneem. Ndongeni kon nie die tog voltooi omrede hy nie 'n saal en stiebeuels gehad het nie. Britse versterkings is toe per skip na Durban gestuur vanwaar die Voortrekkers verdryf is.
Dick King | |
---|---|
Gebore | Richard Philip King 26 November 1811 Dursley, Gloucestershire, Engeland |
Sterf | 10 November 1871 (op 59) |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | handelaar en kolonis |
Elkeen het 'n stuk grond as beloning gekry; Ndongeni het grond aan die oewer van die Mzimkulurivier gekry en King het grond by Isipingo gekry. Hy het daar 'n suikermeule bedryf tot en met sy dood in 1871. In Durban is 'n standbeeld vir King opgerig terwyl daar ook in Peddie en Port St. Johns gedenktekens opgerig is ter ere van King se tog.
Hoewel die daad so hoog geag is dat hy daarna die "verlosser van Natal" genoem en as nasionale held vereer is, het Dick King nooit daaroor gepraat nie.
Richard Philip (Dick) King was 8 jaar oud toe hy in 1820 saam met sy familie op die Kennersley Castle in Tafelbaai aangekom het. Die gesin het van Gloucestershire, Engeland, gekom waar Dick se vader, Philip King, ‘n arbeider was.