Indiese gelowe
gelowe wat op die Indiese subkontinent ontstaan het / From Wikipedia, the free encyclopedia
Indiese gelowe, ook Dharmiese gelowe genoem, is die godsdienste wat op die Indiese subkontinent ontstaan het, naamlik Hindoeïsme, Djainisme, Boeddhisme en Sikhisme.[web 1] Dit word ook as Oosterse gelowe geklassifiseer. Hoewel Indiese gelowe met mekaar verband hou vanweë die geskiedenis van Indië, omvat dit ’n groot reeks godsdienstige gemeenskappe en is dit nie beperk tot die Indiese subkontinent nie.[web 1]