Mamba
From Wikipedia, the free encyclopedia
Mambas (Dendroaspis) is 'n genus van slange wat aan die familie van koraalslangagtiges (Elapidae) behoort. Daar is vier lewende spesies wat in die tropiese klimaat van Afrika voorkom.[2] Hulle is almal uiters giftig en kan besonder vinnig beweeg, derhalwe word mambas as die gevaarlikste slange in Afrika beskou.[3]
Dendroaspis | |
---|---|
'n Swartmamba | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | Dendroaspis Schlegel, 1848 [1] |
Spesies | |
|
Mambas (genus Dendroaspis) is uiters giftige slange wat net in Afrika voorkom. Die bekendste verteenwoordigers is die swartmamba en die groenmamba. Eersgenoemde kan langer as 4 m word en is so giftig dat 'n mens binne enkele minute na 'n byt kan sterf as serum nie onmiddellik toegedien word nie. Die groenmamba is minder aggressief as die swartmamba en sy gif is aansienlik swakker. Wanneer mambas aanval, rig hulle die voorste deel van die liggaam op en verbreed die nekvel.