Châteauneuf-du-Pape
From Wikipedia, the free encyclopedia
Châteauneuf-du-Pape is 'n dorp in die Suid-Franse département Vaucluse in die administratiewe gewes Provence-Alpes-Côte d'Azur met 'n oppervlak van 25,85 vierkante kilometer en 2 116 inwoners (2008). Die dorp lê teen 'n hoogte van 120 meter bo seevlak tussen Avignon en Orange, sowat twee kilometer van die Rhône af.
Châteauneuf-du-Pape | |
---|---|
Châteauneuf-du-Pape: die dorp en sy wingerde | |
Koördinate: 44°03′25″N 4°49′55″O | |
Land | Frankryk |
Gewes | Provence-Alpes-Côte d'Azur |
Département | Vaucluse |
Arrondissement | Avignon |
Kanton | Orange-Ouest |
Stigting | 1094 |
Regering | |
• Burgemeester | Jean-Pierre Boisson |
Oppervlak | |
• Totaal | 25,85 km2 (9,98 vk. myl) |
Hoogte | 20–130 m (66–430 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 2 116 |
• Digtheid | 82/km2 (210/vk. myl) |
Poskode | 84230 |
Skakelkodes | 84037 |
Webwerf | chateauneuf.com |
Die naam van die dorp, wat letterlik die "nuwe kasteel van die Pous" beteken, verwys na die verskuiwing van die pouslike hoofkwartier na Avignon in die 14de eeu en in die besonder na die somerkasteel, wat in die dorp Calcernier deur die Pous opgerig en waarna die dorp later vernoem is.
Die Pous het ook die eerste wingerde in die omgewing laat aanplant, en vandag is Châteauneuf-du-Pape nog steeds een van die belangrikste wynstreke in die suidelike Rhônevallei.