Kortsprietsprinkaan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die suborde Caelifera bevat vier groot families sprinkane en een familie dwergkrieke. Sprinkane word algemeen oor die wêreld aangetref en meestal deur hul groot dye aan die springbene en die kort voelhorings gekenmerk. Die spesies wat striduleer ('n skrilgeluid voortbring), doen dit deur óf met hul agterpote oor die abdomen te skuur óf deur hul vlerke te klap terwyl hulle vlieg.
Kortsprietsprinkane | |
---|---|
Romalea microptera van Noord-Amerika | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | Caelifera |
Superfamilies en families | |
|
Indien gehoororgane aanwesig is, word dit op die eerste abdominale segment aangetref. Die sprinkane is hoofsaaklik plantvretend. Sommige lede van die suborde Caelifera toon ook die merkwaardige kenmerk dat hulle onder bepaalde omstandighede groot swerms vorm wat rondtrek en groot skade aan gesaaides en plantegroei aanrig.
Laasgenoemde sprinkane word ook treksprinkane genoem. Navorsing oor hul trekgewoontes het inligting verskaf oor die omstandighede waaronder die diere swerms vorm, sodat sprinkaanplae vroegtydig voorspel en afgeweer kan word.