Britse lynskepe
From Wikipedia, the free encyclopedia
Britse lynskepe of passasierskepe het oor die afgelope meer as twee eeue hul stempel behoorlik in wêreldskeepvaart afgedruk. Nie alleen was dié skepe baanbrekers wat grootte betref nie, maar het die Britte ook dikwels beïndruk deur met nuwe ontwerpe, tegnologie en gerief vorendag te kom.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Britte het oor die jare ’n aansienlike bydrae gemaak wat moderne skeepvaart betref. So was die Brit Jonathan Hulls wêreldwyd die eerste wat ’n patent verkry het vir ’n stoomenjin vir ’n skip (1736) en in 1777 het Engeland die heel eerste skip met ’n ysterromp gebou. Die Skot William Symington het ook in 1802 ’n rigtinggewende bydrae gemaak deur ’n stoomboot met ’n stoomketel en –enjin, ’n skepwiel en twee roers te bou (die SS Charlotte Dundas). Later is van die grootste skepe ter wêreld in Belfast gebou.