Bretton Woods, New Hampshire
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bretton Woods is 'n gebied (dorpie) in die suidooste van die dorp (Engels: town) Carroll (deelstaat New Hampshire, Verenigde State) wat danksy die Verenigde Nasies se Monetêre en Finansiële Konferensie wat hier tussen 1 en 23 Julie 1944 gehou is internasionale bekendheid verwerf het. Die konferensie het die aanleiding tot die stigting van die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds in 1946 gegee, en Bretton Woods het sy naam aan die gelyknamige monetêre stelsel verleen wat uiteindelik in 1971 in duie gestort het.
Bretton Woods | |
---|---|
Dorp | |
Die Mount Washington Hotel in 2003 | |
Koördinate: 44°15′29″N 71°26′28″W | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | New Hampshire |
County | Coos |
Hoogte | 497 m (1 631 ft) |
Tydsone | UTC-5 (EST) |
• Somertyd | UTC-4 (EDT) |
Poskode | 03575 |
Skakelkodes | 603 |
GNIS feature ID | 865781 |
Die dorp Carroll het 'n oppervlakte van 130 vierkante kilometer en 663 inwoners (2000) en staan veral vir sy natuurskoon en die ontspanningsgebiede in sy omgewing bekend. Carroll lê aan die voet van die Mount Washington, die hoogste bergspits in die gebied met 'n hoogte van 1 917 meter, en word omring deur die bosgebiede van die White Mountain National Forest. Die dorp bied 'n pragtige uitsig op die Mount Washington en 'n groot deel van die Presidential Range-bergreeks.