Breinvliesontsteking
Ontsteking van die lagies weefsel wat om die brein en ruggraat voorkom / From Wikipedia, the free encyclopedia
Breinvliesontsteking (meningitis) is die ontsteking van die lagies weefsel wat om die brein en ruggraat voorkom. Daar word tussen twee soorte onderskei: virale en bakteriologiese breinvliesontsteking. Dit ontstaan weens verspreiding van 'n infeksie. Die siekte staan ook bekend as harsing-en-rugmurgvliesontsteking, harsingvliesontsteking, rugmurgvliesontsteking en nekkramp.
Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |