Bob Woolmer
From Wikipedia, the free encyclopedia
Robert Andrew "Bob" Woolmer (Kanpur, Indië, 14 Mei 1948 – Kingston, Jamaika, 18 Maart 2007) was 'n Engelse krieketspeler en -afrigter. Hy het van 1968 tot 1984 vir Kent gespeel. Van 1975 tot 1982 het hy negentien toetse vir Engeland gespeel en na Suid-Afrika geïmmigreer in 1985. Hy het onder andere as 'n lewensoriënteringonderwyser gewerk. Hy was van 1994 tot 1999 afrigter van die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan, die Proteas, onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 1996, Kampioenetrofee 1998 en Krieketwêreldbeker 1999. Later het hy teruggekeer na Engeland toe en was die afrigter van die Engelse nasionale krieketspan. Sedert 2004 was hy die afrigter van Pakistan se nasionale krieketspan. In Maart van 2007 het Pakistan aan die Krieketwêreldbeker 2007 in Wes-Indië deelgeneem. Op 17 Maart 2007 het Pakistan onverwags met 'n driepaaltjie-nederlaag verloor teen Ierland en Pakistan is uit die toernooi geskakel. Op 19 Maart 2007 is Bob Woolmer bewusteloos gevind in sy hotelkamer in Kingston, hoofstad van Jamaika. Hy is later in die hospitaal oorlede.
Bob Woolmer | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Bob Woolmer in 2005 | ||||||
Volle naam | Robert Andrew Woolmer | |||||
Gebore | (1948-05-14)14 Mei 1948 Kanpur, Indië | |||||
Gesterf | 18 Maart 2007 (op 58) Kingston, Jamaika | |||||
Bynaam(e) | Woollie | |||||
Lengte | 1,83 m | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm medium | |||||
Rol | Veelsydig | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Engeland | |||||
Toetsdebuut (no 463) | 31 Julie 1975 v Australië | |||||
Laaste Toets | 2 Julie 1981 v Australië | |||||
EDI debuut (no 16) | 24 Augustus 1972 v Australië | |||||
Laaste EDI | 28 Augustus 1976 v Australië | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1968–1984 | Kent | |||||
1981–1982 | Western Province | |||||
1973–1976 | Natal | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | 1ste rang | A-lys | ||
Wedstryde | 19 | 6 | 350 | 290 | ||
Lopies aangeteken | 1 059 | 21 | 15 772 | 4 078 | ||
Kolfgemiddeld | 33,09 | 5,25 | 33,55 | 20,39 | ||
100s/50s | 3/2 | 0/0 | 34/71 | 1/17 | ||
Hoogste telling | 149 | 9 | 203 | 112 | ||
Aflewerings geboul | 546 | 321 | 25 823 | 13 473 | ||
Paaltjies | 4 | 9 | 420 | 374 | ||
Boulgemiddeld | 74,75 | 28,88 | 25,87 | 20,64 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 0 | 0 | 12 | 3 | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | nvt | 1 | nvt | ||
Beste boulontleding | 1/8 | 3/33 | 7/47 | 6/9 | ||
Vangskote/Stonkings | 10/– | 3/– | 239/1 | 98/– | ||
Bron: CricketArchive, 22 Augustus 2007 |