Blenheim
From Wikipedia, the free encyclopedia
Blenheim is 'n dorp in die administratiewe gewes Marlborough op die Suideiland van Nieu-Seeland met 'n bevolking van 29 700 mense in 2008. Die dorp is na die Slag van Blenheim (1704) genoem waartydens Britse troepe onder bevel van John Churchill, die 1ste hertog van Marlborough, 'n oorwinning oor 'n Frans-Beierse leër behaal het.
Meer inligting Ligging, Algemene feite ...
Blenheim | |
---|---|
Ligging | |
Algemene feite | |
Inwoners: | 29 700 (skatting 2008) |
Geografiese ligging: | 41°31′S 173°58′O |
Administratiewe verdeling | |
Land: | Nieu-Seeland |
Streek: | Marlborough |
Burgemeester: | Alistair Sowman |
Sluit
Blenheim staan vandag bekend as die sentrum van Nieu-Seeland se beduidendste wynbougebied. Die dorp is een van die sonnigste plekke in die land met warm en droë somers en koeler winters. Blenheim is danksy die natuurskoon van sy omgewing, sy ontspanne leefstyl en die florerende plaaslike wyn- en voedselbedryf 'n gewilde toeristetrekpleister.